Koningin Lear

Die Baxter Teatersentrum bied aan, die KKNK produksie Koningin Lear

Koningin Lear is ’n herverbeelding van William Shakespeare se King Lear deur die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye. Elizabeth Lear het met die verloop van tyd haar klein besigheid opgebou tot ’n internasionale sakeryk. Elisabeth kondig aan dat die besigheid tussen haar drie seuns verdeel sal word en sy eis dat haar seuns onder eed hul liefde en trou aan haar verklaar. Haar jongste, en geliefde seun weier en dit ontketen ’n familietwis van reuse-omvang. Dit is ’n verhaal van ’n bejaarde besigheidsvrou wat haar houvas op die werklikheid verloor, wat desperaat probeer om die storm wat om haar losgebars het te hanteer. ’n Epiese verhaal wat skerp kommentaar lewer op ’n hedendaagse besigheidswêreld, waarin integriteit en lojaliteit skaars kommoditeite geword het. Koningin Lear bring die room van Suid-Afrikaanse akteurs byeen om dié kragtige verhaal na die plaaslike verhoog te bring.

Die produksie is bekroon met 8 KKNK Kanna-pryse vir onder meer beste produksie, beste debuutproduksie, beste vroulike akteur (Antoinette Kellermann), beste manlike byspeler (Edwin van der Walt), beste voulike byspeler (Anna-Mart van der Merwe), beste ontwerp (Marthinus Basson), beste regisseur (Marthinus Basson) en beste literêre bydrae (Antjie Krog) .

Opgevoer in Afrikaans.

MET Antoinette Kellermann, Anna-Mart van der Merwe, Rolanda Marais, André Roothman, Neels van Jaarsveld, Wilhelm van der Walt, Edwin van der Walt en Matthew Stuurman
TEKS Tom Lanoye
VERTALING Antjie Krog
REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson
BELIGTINGSONTWERPER EN VERHOOGBESTUURDER Nicolaas de Jongh KOSTUUMONTWERP Elaine du Plessis
KLANKONTWERP Rynhardt van Blerk
OUDIO-VISUELE ONTWERP Dawid Joubert
 

 

 

7 Nov - 16 Nov

Starts: 7:30 pm

Additional Performances:
9 Nov - 7:00 pm
16 Nov - 2:00 pm
16 Nov - 7:00 pm

Drama / Theatre

Koningin Lear is ’n herverbeelding van William Shakespeare se King Lear deur die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye. Die produksie is bekroon met 8 KKNK Kanna-pryse vir onder meer beste produksie, beste debuutproduksie, beste vroulike akteur (Antoinette Kellermann), beste manlike byspeler (Edwin van der Walt), beste voulike byspeler (Anna-Mart van der Merwe), beste ontwerp (Marthinus Basson), beste regisseur (Marthinus Basson) en beste literêre bydrae (Antjie Krog).

Prices

Mon - Wed R160
Thurs - Sat R180
Senior Citizens, Students & Block Bookings 10+ R140
Early Bird Special R130