Kamphoer

In Kamphoer – die verhaal van Susan Nell, gegrond op ‘n ongelooflike ware verhaal, vertolk Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir die dood agtergelaat is, maar wie se paaie deur toeval later weer kruis met dié van haar verkragter. Die produksie is geskoei op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman. Dit is verwerk vir die verhoog deur Cecilia du Toit in samewerking met Sandra Prinsloo en Lara Foot.

Na haar pa in die oorlog vermoor is, beland Susan en haar ma-hulle in die konsentrasiekamp waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir dood agtergelaat word. Sy oorleef die gruweldaad en bekwaam haarself as sielkundige in Nederland. Sy reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ‘n psigiatriese hospital in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok lei. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die die pyn en vernedering van haar verlede.

2019 is die 120ste gedenkjaar van die Anglo-Boereoorlog en die produksie bring hulde aan dié era. Die roman Kamphoer is onder meer benoem vir die Jan Rabie Rapport-toekenning, ‘n ATKV-toekenning en gekortlys vir die 2018 Sunday Times Literêre toekennings. Kamphoer – die verhaal van Susan Nell is die eerste samewerking tussen die gerekende regisseur Lara Foot en een van Suid-Afrika se mees geliefde en bekroonde aktrises, Sandra Prinsloo. Dit word moontlik gemaak deur die ondersteuning van KunsStig.

Die produksie debuteer met groot welslae in Julie 2019 by die Vrystaat Kunstefees en word benoem as Beste Nasionale Debuut by die fees se Blinker-toekennings.

Met Sandra Prinsloo
Regie: Lara Foot
Gegrond op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman
Stel- en beligtingsontwerp: Patrick Curtis
Klankontwerp, klankbaan en komposisie: Simon Kohler
Kostuumontwerp: Mariechen Vosloo en Birrie le Roux
Verwerk vir die verhoog deur Cecilia du Toit in samewerking met Sandra Prinsloo en Lara Foot
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp

Kamphoer – die verhaal van Susan Nell debuteer met groot welslae en vyfster-resensies by die 2019 Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.

9 Oct - 26 Oct

Starts: 7:30 pm

Additional Performances:
19 Oct - 2:00 pm
26 Oct - 2:00 pm

Drama / Golden Arrow Studio

In Kamphoer – die verhaal van Susan Nell, gegrond op ‘n ongelooflike ware verhaal, vertolk Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir die dood agtergelaat is, maar wie se paaie deur toeval later weer kruis met dié van haar verkragter. 2019 is die 120ste gedenkjaar van die Anglo-Boereoorlog en hierdie verhaal, geskoei op die topverkoper-debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman, bring hulde aan dié era.