DIE ONGELOOFLIKE REIS VAN MAX EN LOLA

Pitch Promotions presents
Die Ongelooflike reis van Max en Lola

Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en bekkig. Hulle baldadige vriendskap kom al amper 50 jaar; vanuit ‘n tyd in ons geskiedenis toe verhoudings soos hulle s’n verbode was. Dié twee se eiesoortige humor en hulle liefde vir bioscope was ‘n leeftyd lank hulle ontvlugting van ons samelewing se vooroordele. Hulle reis was sorgeloos en vol liefde. Maar nou het oudword hulle bekruip …

Die ongelooflike reis van Max en Lola is ‘n splinternuwe donkerkomedie geskryf deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard. Die stuk speel af op die aand van Max se 80ste verjaarsdag, maar as
gevolg van ‘n reeks omstandighede, is sy vriendin Lola die enigste gas wat opdaag. Die aand word ‘n partytjie vir twee waartydens ons hierdie twee eksentrieke karakters leer ken.

Ebrahim vertolk self die rol van Lola, terwyl Chris van Niekerk te siene is as Max. Hugo Taljaard is die regisseur.

Performed in “Kaaps” (a mixture of Afrikaans and English, but mostly Afrikaans).

20 Jan - 7 Feb

Starts: 8:15 pm

Comedy / Golden Arrow Studio

Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en bekkig. Hulle baldadige vriendskap kom al amper 50 jaar; vanuit ‘n tyd in ons geskiedenis toe verhoudings soos hulle s’n verbode was