AS DIE BROEK PAS

Antoinette Kellermann

AS DIE BROEK PAS

Deur Manfred Karge

(Oorspronklike titel: Jacke wie Hose)

 

Die veelbekroonde eenpersoonsvertoning As die broek pas is te sien vir ‘n beperkte speelvak in die Baxter Flipside.

Antoinette Kellermann ontgin die realiteit van manwees eerstehands deur die aan-die-baservaring van ’n vrou in die toneelstuk deur die Duitste dramaturg Manfred Karge (oorspronklik getiteld Jacke wie Hose) In die haglike ekonomiese omstandighede van Duitsland tussen die twee Wêreldoorloë, neem ’n werkersklasvrou na haar man se dood sy werk en identiteit aan ter oorlewing. Haar ervaring van die rituele van mansgedrag, die toenemende impak van Hitler en Nasionaal Sosialisme op die Duitse bevolking, en haar enkel patetiese poging om terug te keer na vrouwees en liefde, word ’n aangrypende teatrale ervaring van vereensaming en oorlewing.

Die teks is vertaal deur die bekroonde dramaturg en skrywer Willem Anker en Marthinus Basson is verantwoordelik vir die regie en ontwerp.

Die produksie het verskeie toekennings ontvang onder meer Fiesta-pryse vir beste aanbieding, aktrise en ontwerp en menige pryse as beste aktise vir Kellermann se vertolking insluitend ‘n Fleur du Cap-, Aardklop- en Kanna-prys. Kellermann is ook in 2016 genomineer vir ‘n Naledi-prys vir beste aktrsie vir hierdie vertolking.

 

Teks: Manfred Karge

Vertaling: Willem Anker

Regie en ontwerp: Marthinus Basson

Beligtingsontwerp: Wolf Britz

Met Antoinette Kellermann

Oorspronklik ontwikkel deur TEATERteater met ondersteuning van US Woordfees, Absa KKNK en die Nasionale Kunstefees.

 

“Sublime theatre” – Diane de Beer (Tonight)

“Kellermann is formidable in die rol” – Rudolf Stehle (Beeld)

“An artistic triumph” – Peter Feldman (48Hours)

“Riveting theatre” – Jennifer de Klerk (Artlink)

“The work, featuring the inestimably fine Antoinette Kellermann, is one of those stage pieces which makes you remember why theatre is a medium worth paying money to attend.”  – Robyn Sassen 

3 Nov - 12 Nov

Starts: 8:00 pm

Additional Performances:
5 Nov - 3:00 pm
12 Nov - 3:00 pm

Drama / Flipside

Antoinette Kellermann AS DIE BROEK PAS Deur Manfred Karge (Oorspronklike titel: Jacke wie Hose)   Die veelbekroonde eenpersoonsvertoning As die broek pas is te sien vir ‘n beperkte speelvak in die Baxter Flipside. Antoinette Kellermann ontgin die realiteit van manwees eerstehands deur die aan-die-baservaring van ’n vrou in die toneelstuk deur die Duitste dramaturg Manfred […]